Talle landboubedrywe is deur die onluste in KwaZulu-Natal geraak. Gaan hierdie gebeure ‘n invloed op beleggings en vertroue in die landbousektor hê? In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou gesels dr John Purchase van Agbiz meer hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Geelbek Elite Merino’s het onlangs geskiedenis gemaak in die bedryf deur hulle 60ste produksieveiling aan te bied op Middelburg in die Oos-Kaap. Carin Venter RSG Landbou se medewerker in die Oos-Kaap het met verskeie sprekers gepraat tydens die geleentheid. Luister nou na dié lekker onderhoude.

Dan het boere én besigheidseienaars in die landbousektor, toegang tot die JSE se reeks valuta-afgeleide produkte – Elaine Mabiletsa van die JSE verskaf meer inligting hieroor vir RSG Landbou-luisteraars. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Syngenta

Syngenta is one of the world’s leading companies with more than 28,000 employees in over 90 countries dedicated to our purpose: Bringing plant potential to life. Through world-class science, global reach and commitment to our customers we help to increase crop productivity, protect the environment and improve health and quality of life. For more information about us please go to www.syngenta.com

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.