Volgens prof Robin Meeske van die Outeniqua-navorsingsplaas, was die standaard van vanjaar se inskrywings in die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie, baie hoog. Die wenners is verlede week op Plaas TV bekendgemaak en ons gesels in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou meer hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om na die insetsel te kyk:

Carin Venter, RSG Landbou se medewerker in die Oos-Kaap, kuier by Arno Moore van BISA om uit te vind watter waardevolle rol, glo dit of nie, vlieë op ‘n plaas speel. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Heinrich Victor van OVK is op sy pos. Hy bring vir RSG Landbou-luisteraars nuus oor die jongste wolpryse. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Gerhard Verdoorn van Croplife SA kuier weer ‘n slag op RSG Landbou. Die keer doen hy ‘n beroep op boere om leë gifhouers op die regte manier te herwin. Luister nou na dié onderhoud.

Die jaarlikse Landbou Navorsingsraad (LNR) se Nasionale Meester Suiwelboer toekenningsgeleentheid is op Woensdag 21 Oktober 2020 as ‘n virtuele geleentheid aangebied deur Agri-Expo, namens die Nasionale Melkaantekening- en Verbeteringskema van die LNR. Die gesogte kompetisie vier Suid-Afrika se beste kommersiële en kleinskaal presteerders in die bedryf en word deur verskeie sleutelrolspelers as ‘n hoogtepunt op die land se landboukalender beskou. Lise Roberts van RSG Landbou vertel meer.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Ons sluit die program af met veilingsnuus. Pierre van Rooyen brei meer uit oor die Hoëveld Bonsmaraklub-veiling. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.