Op 28 September word die wêreld weer bewus gemaak van die gevaar van hondsdolheid. ‘n Staatsveearts, dr Alicia Cloete, kuier Maandag in die RSG Landbou-ateljee om hieroor te gesels. Luister nou na hierdie onderhoud.

Agbiz Grain het vandeesweek ‘n simposium aangebied en Tom Meintjes gee terugvoer aan RSG Landbou-luisteraars oor die uitdagings rondom die kostes van graanberging. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dr Fienie Niederwieser van Aartappels SA werp lig op hul inligtingsdae se fokuspunte. Luister nou na hierdie onderhoud op RSG Landbou.

Soos altyd op ‘n Maandag is daar ook heelwat nuus oor veilings. Lise Roberts is weer op haar pos met nuus oor opkomende veilings. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.