Oro Agri het bekendheid verwerf vir hulle gebruik van lemoenolie in biostimulante en Johan Janse van Rensburg vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hiervan in Woensdag se aflewering van die program. Luister nou na hierdie onderhoud.

Saai en NEASA het onlangs ‘n vennootskap aangegaan wat veral vir familieboerdery groot betekenis gaan hê. Dr Theo de Jager gesels op RSG Landbou hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Die landbousensus se syfers is verlede jaar bekendgemaak, maar die insameling van data bly ‘n uitdaging. RSG Landbou gesels met Joe de Beer van Statistiek Suid-Afrika oor hierdie uitdaging. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die landbousektor word nou al teen die moontlikheid van ernstige brande gewaarsku. Hennie Maas gesels met Piet van der Merwe van Working on Fire. Luister nou na hierdié onderhoud op RSG Landbou.

 

Die Universiteit Stellenbosch begin ‘n skool vir klimaatstudies. Prof Eugene Cloete van die Universiteit brei uit oor wat die skool gaan behels. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

 

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Oro Agri

Since its inception in 2002, Oro Agri has developed, manufactured, and marketed a range of agrochemical products for global distribution. Our mission is to continually bring innovative and environmentally preferable crop protection and yield-enhancing solutions to the market place.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.