RSG Landbou: 28 Mei 2020

431

Veeplaas verjaar in Junie! ‘n Volle tien jaar oud. Lynette Louw, gesels meer oor wat lesers te wagte kan wees in die Junie Fees-uitgawe van Veeplaas. Luister nou na dié onderhoud.

Boere van die Gamtoosvallei is afhanklik van water uit die Kouga-dam. In RSG Landbou word daar met Rienette Coleske van die Gamtoos-besproeiingsraad oor die huidige situasie gepraat. Luister nou na dié onderhoud.

Praveen Dwarika van Lemang Landboudienste brei uit oor die opleiding en ontwikkeling van nuwe-era tabakprodusente. Luister nou na dié onderhoud.

Suid-Afrika se ekonomie het ‘n paar houe gevat die laaste ruk, as gevolg van die Covid-19 krisis en die regulasies wat deur die regering ingestel is. Die landbousektor kon die gevolge hiervan ongelukkig ook nie heeltemal vryspring nie. Dr John Purchase van Agbiz gesels meer hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Koue groot dele van ons land hierdie week getref en Johan van den Berg praat meer hieroor asook oor verdere weervooruitsigte. Daarna is Chris Derksen aan die woord met die jongste vleispryse. Luister nou na dié onderhoude.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.