Die Rooivleisbedryfsforum het onlangs met die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling ontmoet vir ‘n gesprek oor die rooivleisbedryf en die bek-en-klouseersituasie. Gerhard Schutte, hoof uitvoerende beampte van die Rooivleisprodusente-organisasie, gesels in Donderdag se RSG Landbou hieroor. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna praat Lise Roberts met Derick Hanekom van Sutherland oor die droogte in dié streek van ons land. Hy vertel van ‘n projek, Save the Sheep, wat boere en die gemeenskap bystaan in hierdie moeilike tyd. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dan is Hennie Maas aan die woord. Hy gesels met Stan Jerling oor tegnologie wat gebruik word om water slimmer te bestuur op die plaas. Luister nou na hierdie onderhoud.

Chris Derksen is oudergewoonte op sy pos met die week se jongste vleispryse. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.