Etienne Biddulph vertel in Woensdag se aflewering van RSG Landbou meer oor die ENVARTO-varkkarkaskompetisie en webinaar oor varkproduksie wat tydens Nampo ALFA gaan plaasvind. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om na die potgooi te luister: 

Wat is herlewingslandbou? DF Fyfer boer in die Louwna-omgewing naby Vryburg, en pas hierdie praktyk suksesvol toe met sy bees-, hoender- en bye-boerdery. Hy gesels met Hennie Maas van RSG Landbou hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Water is ‘n skaars hulpbron wat deur verskeie verbruikers gebruik word. Dit is daarom belangrik dat die hoeveelhede wat daaruit onttrek word gemeet word, aangesien water nie ‘n onuitputbare bron is nie. Meting hou egter ook voordele vir veral besproeiingsboere in, aangesien dit watergebruik, koste en opbrengs noukeurig kan korreleer. Dit stel die boer ook in staat om die toediening van vloeibare kunsmis presies te monitor. ‘n Landbou-ingenieur van Cherry Irrigation, Isobel van der Stoep, gesels op RSG Landbou oor watermeting tydens besproeiing. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.