Agri-toerisme begin al meer gewild raak en is nie net tot verblyf op plase beperk nie. Dit het te make met elke aspek en gebruik van ‘n plaas vir toerisme-doeleindes. Christelle van Zyl kuier Maandag saam op RSG Landbou om hieroor te gesels. Luister nou na dié onderhoud.

Wêreld-hondsdolheiddag het op 28 September plaasgevind en dr Mpho Maja van die Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike Veiligheid, vertel waarom dit nodig is om hierop te fokus. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Daarna kuier prof Erik Holm ook by RSG Landbou. Hy gesels oor ekoboerdery. Luister nou na dié onderhoud.

Hennie Maas sluit die program af. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor ‘n hele paar veilings wat eersdaags plaasvind. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.