Lise Roberts gesels in Woensdag se program van RSG Landbou met Lynette Louw, oor wat lesers te wagte kan wees in die Mei-uitgawe van Veeplaas. Luister nou na die onderhoud.

Volgens Lane Reynolds van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie, is bestellings vir stroop- en planttoerusting afgehandel, maar gaan dit betyds afgelewer word te midde van die inperking? Luister nou na die onderhoud.

Daarna word daar ook met Dirk van Papendorp gesels oor ‘n mentorskapprojek in die Suurbraak-omgewing. Luister nou na die onderhoud.

Virtuele wolveilings het hervat en ons hoor watter pryse behaal is. Luister nou na die onderhoud.

Dan is advokado’s tans in seisoen en ‘n dieetkundige, Chanelle Retief, gesels oor die voedingswaarde van dié vrug. Luister nou na die onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.