Groot dele van ons land se boeregemeenskappe gaan steeds onder erge droogte gebuk. Talle projekte verleen hulp, een daarvan is ‘Boks-voer-vir-‘n-boer’. Elria Steinberg vertel in Donderdag se aflewering van RSG Landbou meer oor wat dit behels. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daarna is Chantel Arendse van Croplife Suid-Afrika aan die woord. Sy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat plant-biotegnologiese rentmeesterskap is en waarom dit saak maak. Luister nou na hierdié onderhoud.

Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese analis, kuier ook vandag op RSG Landbou. Dié keer gesels hy oor Bitcoin as belegging. Luister nou na hierdié onderhoud.

Johan van den Berg sluit die program af. Hy bring nuus oor die weer en hoe dit landbou affekteer. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Oro Agri

Since its inception in 2002, Oro Agri has developed, manufactured, and marketed a range of agrochemical products for global distribution. Our mission is to continually bring innovative and environmentally preferable crop protection and yield-enhancing solutions to the market place.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.