Die aanbieders en organiseerders van ses van Suid-Afrika se grootste lewendehawe-geleenthede, het hulself gesamentlik verbind tot ‘n wetenskaplik gebaseerde biosekuriteitsprotokol vir die aanbied van geleenthede in 2020 en daarna. Dr Danie Odendaal, direkteur van Veearts Netwerk, sal die protokol opstel en in Woensdag se program van RSG Landbou, gesels hy en Elmarie Prinsloo, hoof uitvoerende beampte van die Bloemskou, hieroor. Luister nou na die onderhoude.

Daarna gesels Jan Myburg, ‘n grondwaterbestuurskonsultant, oor goeie grondwaterbestuur. Luister nou na die onderhoud.

Nicol Jansen, voorsitter van Agri SA se Sentrum vir Uitnemendheid, gee meer duidelikheid oor Moody’s se afgradering van die Landbank en hoe dit die landbouer op grondvlak raak. Luister nou na die onderhoud.

Yolandé Roodt, RSG Landbou se medewerker in Pretoria, sluit die program af met die jongste wolveilingnuus asook oor die nuutste pryse wat behaal is. Luister nou na die onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.