In Donderdag se aflewering van RSG Landbou gesels Pieter Craven van Syngenta oor koring se plek in ‘n wisselboustelsel. Luister nou na dié onderhoud.

Dan word die 52ste SASAS-kongres eersdaags aangebied en Amelia du Preez vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Maartin Jordaan van die Bult Dierekliniek op Potchefstroom kuier ook op RSG Landbou. Hy verduidelik watter geslagsiektes by beeskuddes onder die vergrootglas geplaas moet word. Luister nou na dié onderhoud.

Soos oudergewoonte is daar ook nuus oor vleispryse en weervooruitsigte op RSG Landbou. Chris Derksen is eerste aan die woord oor wat hierdie week met die vleispryse gebeur het. Johan van den Berg vertel vir RSG Landbou-luisteraars ook wat hulle van die weer kan verwag. Luister nou na dié onderhoude.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Syngenta

Syngenta is one of the world’s leading companies with more than 28,000 employees in over 90 countries dedicated to our purpose: Bringing plant potential to life. Through world-class science, global reach and commitment to our customers we help to increase crop productivity, protect the environment and improve health and quality of life. For more information about us please go to www.syngenta.com

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.