Watter effek het temperatuurverandering en hittestres op die prestasie van beeste? Dr Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad gesels in Maandag se RSG Landbou oor ‘n stelsel wat antwoorde bied. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna praat Corné Louw van Graan SA met ons graan- en oliesade-produsente oor verwagte saad-, chemie- en kunsmispryse. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk kuier ook op RSG Landbou. Hy beklemtoon die belangrikheid van ‘n goeie biosekuriteitsplan op elke plaas. Luister nou na hierdie onderhoud.

Hennie Maas bring soos oudergewoonte op ‘n Maandag die jongste veilingsnuus. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.