Adri Kitshoff-Botha van Wildbedryf Suid-Afrika, het onlangs die tuig neergelê as hoof uitvoerende beampte van dié organisasie. In Donderdag se aflewering van RSG Landbou gesels ons met haar oor haar loopbaan in die wildbedryf. Luister nou na dié onderhoud.

Boere in Suid-Afrika speel ‘n waardevolle rol by die beskerming van bedreigde spesies en Constant Hoogstad van die Bedreigde Natuurlewefonds vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Chris Derksen is eerste aan die woord met die week se vleispryse vanuit die Vrystaat. Daarna brei Frans de Klerk uit oor wat met die sojaboonprys gebeur. Luister nou na dié onderhoude op RSG Landbou.

Johan van den Berg sluit die program af met nuus oor die weer. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.