Nico Groenewald van Standard Bank skop Dinsdag se RSG Landbou-program af. Hy gee weer waardevolle raad aan diegene wat nuwe boerderybesighede oorweeg. Hy verduidelik onder andere die verskil tussen kontantvloei en wins. Luister nou na dié onderhoud.

Daar bestaan tans geen duidelike riglyne oor rywydte en plantpopulasies as dit by sojaboon-aanplantings kom nie. Dr Jan Dreyer van die Proteïennavorsingstigting gesels in RSG Landbou hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna hoor RSG Landbou-luisteraars meer oor Abalimi Bezekhaya wat onlangs die Eco-Logic-gemeenskapstoekenning ingepalm het. Grace Stead is aan die woord om te verduidelik wat dit behels. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Paul van Vuuren van Kalahari Beefmasters-veiling is aan die woord oor hulle opkomende veiling. Luister nou na dié onderhoud.

Simeon Hurwitz sluit af met nuus oor die Hurwitz-somerveiling wat eersdaags plaasvind. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.