Elektrisiteitsvoorsiening stuur af op ‘n krisis, so sê menige rolspeler in die bedryf. Maar hoe kan ‘n boer proaktief te werk gaan om só ‘n krisis op sy plaas te vermy? Corneels Schabort van die NWU gesels met Lise Roberts van RSG Landbou oor hernubare energie en die moontlikhede vir landbou. Luister nou na hierdie onderhoud.

José Goncalves is op ‘n bitter jong ouderdom onlangs as Agri Gauteng se Jongboer vir 2021 aangewys. Hy vertel in Woensdag se aflewering van RSG Landbou oor sy diverse boerdery en wat sy resep vir sukses is. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.