Navorsing en ontwikkeling in die landbousektor verseker dat produsente meer produktief, doeltreffend en winsgewend kan boer. Tegnologies-gevorderde masjinerie is een hulpmiddel in hierdie strewe. Dr Dominik Reus van AGCO Corporation verduidelik in Donderdag se aflewering van RSG Landbou wat hiermee bedoel word. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Dr WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat aan die woord. Hy gesels oor landelike misdaadtendense in Suid-Afrika. Luister nou na dié onderhoud.

Dis weer Donderdag en Johan van den Berg is op sy pos met nuus oor die weer. Chris Derksen bring ons ook op hoogte met die jongste vleispryse vanaf die Vrystaat. Luister nou na dié onderhoude op RSG Landbou.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: AGCO

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.