Boerekos bly deel van ons erfenis en Suid-Afrikaners is altyd op soek na die kos wat ouma op die plaas gemaak het. Maar boerekos is meer as net daardie resepte van ouds. In Dinsdag se RSG Landbou gesels Arina du Plessis, kosredakteur by Landbouweekblad, hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

‘n Appel, peer en nektarienprodusent van die Villiersdorp-omgewing is onlangs aangewys as vanjaar se Toyota SA se New Harvest Boer van die Jaar. Sewis van den Horst vertel meer van sy kleintyd en sy passie vir die landbou. Luister nou na dié onderhoud.

Waarom is die teelwaardes van ‘n bul so belangrik? Suretha Francis van SA Stamboek gee raad oor die regte manier om jou bulkeuse te maak. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Landbouweeklad Boerekos.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.