Kunsmatige intelligensie open deure in die vleisbedryf. Dit is een van die besprekingspunte in Woensdag se aflewering van RSG Landbou. Dit mag ‘n lomp term wees, maar kunsmatige intelligensie gaan in die toekoms ‘n beduidende rol in die intensiewe vleisbeesbedryf speel. So sê dr Andy Hentzen, senior lektor in die Fakulteit Veeartsenykunde op Onderstepoort se produksieafdeling. Hy werp meer lig op hierdie onderwerp. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Daarna brei Lizel Pretorius van die SA Makadamiakwekersvereniging uit oor 2020 se produksiesyfers op RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Aangesien dit weer daardie tyd van die jaar is waar voorbereiding vir die einde van jou finansiële jaar om die draai is, is dit dalk goed om weer te kyk na die mees algemene vorms van belasting en wat jy daarvan moet weet. Besighede moet ook dié tyd van die jaar aandag aan belastingsake gee. Frans van Eden van Prioritise gee vir luisteraars raad in dié verband. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

#RSGLandbou #Landbou #Radio

RSG Landbou is sponsored by Plaas Media, an independently owned agricultural media house in South Africa. It is the only agricultural media house to offer a true 360-degree media offering to role-players in agriculture. Its entire portfolio is based on sound content of a scientific and semi-scientific nature.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.