BKB het op 15 Februarie vanjaar hul eerste digitale veiling aangebied en dr Cobus Oberholster, die hoofbestuurder van lewendehawe- en eiendomme-bemarking by BKB, gee meer terugvoer hieroor in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.

Maart Veeplaas is nou te koop! Lise Roberts van RSG Landbou gesels met Lynette Louw, Senior Redakteur oor wat lesers te wagte kan wees in die uitgawe van Veeplaas. Luister nou na dié onderhoud.

Die Leadership Academy for Agriculture is ‘n nuwe leierskapsprogram wat verlede week bekendgestel is. Die program het voorheen as die Grain Academy bekendgestaan en bied nou geleenthede aan die hele landbouwaardeketting. Dr René Uys, direkteur van Thinking Fusion Africa, gesels op RSG Landbou meer hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is dr Gerhard Verdoorn van Croplife SA aan die woord. Hy waarsku produsente onder andere teen die bruin sprinkaan en herfskommandowurm. Luister gerus wat hy te sê het.

Dinsdag word daar trekkers gepraat. Hennie Maas en Stan Jerling gesels verder oor trekkers in die sewende aflewering van die reeks. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word die week aan jou gebring deur: BKB

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.