Anton Vos van Subtropico is eerste aan die woord in Woensdag se aflewering van RSG Landbou. Hy gesels oor die bemarking van varsprodukte en veilings in Suid-Afrika. Luister nou na dié onderhoud.

Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, gesels oor wat lesers te wagte kan wees in die Maart-uitgawe van Stockfarm wat nou op die rakke beskikbaar is. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Daarna kuier RSG Landbou saam met Izak Hofmeyr op Mooirivier. Henning Pretorius van die plaas, Summerhill, het ‘n Brangus-boeredag aangebied. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna kan RSG Landbou-luisteraars meer uitvind oor hoe landbou deel is van die Terugploeg-inisiatief wat armoede en hongersnood in en om Pretoria aanspreek. Luister nou na dié onderhoud.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Subtropico.

Operating in a healthy group structure with an established marketing network and dedicated personnel, Subtropico is a leader in the fresh produce market agency business. Our main goal is to render an unprecedented service to all our producers. Our producers are our most valuable asset and this is reflected in our business philosophy. Subtropico employs state of the art technology that accelerates the delivery, progress of sales and payments to producers.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.