Wat is die waarde van ‘n telersgenootskap? Dr Japie van der Westhuizen, hoofbestuurder van SA Stamboek gee perspektief hieroor in Maandag se aflewering van RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.

Hoendervoeding vorm ‘n integrale deel van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se meesterplan. Dr Francois Crots, Groep tegniese bestuurder van Country Bird Holdings (CBH) verduidelik vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat die belangrikheid hiervan is. Luister nou na dié onderhoud.

Soos altyd op ‘n Maandag is daar ook nuus oor veilings. Dié week kuier Kobus du Toit by RSG Landbou. Hy brei uit oor die Vlakte Bonsmara-produksieveiling wat binnekort plaasvind. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur OVK

OVK  is ‘n suksesvolle landboubesigheid wat welvaartskepping en volhoubaarheid nastreef deur:

–  Die verskaffing van kompeterende insette aan die landbouprodusent;
–  Aankope, bemarking en verwerking van landbouverwante produkte;
–  Die verskaffing van verwante produkte en dienste aan die breër publiek.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.