Dis kersietyd en volgens Tru-Cape is vanjaar se oes beter as in 2019. Hierdie hoë-waarde gewas vereis heelwat sorg. In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou vertel Nico Verhoef van Witzenberg Properties presies wat dit behels. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daarna gesels Richardt Venter van Agsci Unlimited weer op RSG Landbou oor kuilvoer en fokus dié keer op die verwydering van suurstof uit kuilvoer. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daar is tans heelwat sprinkane wat in die Karoo voorkom. Luister meer op RSG Landbou wanneer Hennie Maas met Hantie Marx van Aberdeen meer hieroor praat. Luister nou na hierdié onderhoud.

Die Louwcoe Charolais-veiling vind eersdaags plaas. Louwrens Viljoen vertel vir luisteraars meer oor wat kopers kan verwag. Luister nou na hierdié onderhoud.

Heinrich Victor van OVK sluit die program af. Hy bring luisteraars op hoogte met die wolmarkverslag. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.