WJ Steyn van Swine Nutrition Management is eerste aan die woord in Donderdag se aflewering van RSG Landbou. Hy gesels onder andere oor die varkbedryf in Suid-Afrika en loer hoe dit binne ‘n kommersiële varkeenheid lyk. Hy brei ook uit oor wat belangrik is by die voeding van ‘n vervangingsog. Luister nou na dié onderhoud.

ʼn Monument is onlangs ter ere van boere in Kenhardt opgerig. Boere Droogtehulp SA NPC wil deur middel hiervan hulde bring aan boere wat weens die droogte hul plase verloor het, of hul eie lewens geneem het. Die monument is deur Chris van Beljon, die stigter van die droogtehulp-organisasie ontwerp en deur Peet Engelbrecht in Rustenburg gemaak. Chris gesels op RSG Landbou meer oor die inisiatief en wat hom gemotiveer het om by die projek betrokke te raak. Dié organisasie gaan ook tot 5 September mielies onder boere in die Noord-Kaap versprei. Luister nou na dié onderhoud.

Hoe beplan ‘n graanboer vir die komende seisoen as die grootte van die belangrikste hulpbron, naamlik reënval, onbekend is? ‘n Akkerboukundige, dr André Malan, praat op RSG Landbou hieroor. Hy gee raad hieroor en noem onder andere dat jy as produsent ‘n realistiese opbrengsmikpunt vir ‘n gewas moet stel, naamlik ‘n mediaanopbrengs. Luister nou na dié onderhoud.

Johan van den Berg is soos oudergewoonte op sy pos om RSG Landbou-luisteraars op hoogte te bring met die weer, daarna is Chris Derksen aan die woord met nuus oor die jongste vleispryse. Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media