In die huidige ekonomiese klimaat moet produsente twee keer dink voor hulle ‘n nuwe spilpunt aankoop. Ben Viljoen van Lindsay Africa gee in Donderdag se RSG Landbou meer raad hieroor. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna is Allan Sinclair aan die woord. Allan is 25 jaar al deel van die plaaslike afslaersbedryf en hy gesels oor die kenmerke van ‘n goeie afslaer. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr Ivan Meyer, praat oor die aangepaste landboubegroting wat Donderdag in die provinsiale parlement ter tafel gelê word. (Agri Wes-Kaap) Luister nou na hierdie onderhoud.

Johan van den Berg is soos oudergewoonte terug met nuus oor die weer en Chris Derksen is soos altyd op sy pos met die jongste vleispryse vanaf die Vrystaat. Luister nou na hierdie onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Lindsay Africa.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.