Die 2020 kanola-produksieseisoen is sonder twyfel ‘n landbou-suksesverhaal. Zander Spammer van Southern Oil, oftewel SOILL, gesels in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Liamé van der Westhuizen van die Landbounavorsingsraad aan die woord. Sy brei uit oor hulle navorsing op die pompom-plant en die nadelige effek wat dit op die omgewing het. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Segard Masurel en Vleissentraal gaan kragte saamsnoer ten opsigte van wolwerwing en -hantering, en sodoende beide ondernemings se voetspoor in Suid-Afrika vergroot. Nic Troskie van Vleissentraal en James de Jager vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat die samewerking vir wolboere gaan inhou.

Die aanbod op dié week se wolveiling was redelik klein met 6 023 bale, waarvan 94,22% verkoop is. Die aanwyser het met ’n skrale 0,7% gedaal om teen R161,03/kg te sluit. Die aanbod het hoofsaaklik uit 20 mikron en fyner van ’n medium lengte bestaan. Volhoubaar geproduseerde wol het ’n klein persentasie van die aanbod uitgemaak. Heinrich Victor van OVK gee nou nog nuus oor die weeklikse wolmarkverslag. Luister nou na dié onderhoud.

Daar is nog wolnuus. Leon de Beer van Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) sluit die program af. Hy gesels op RSG Landbou oor transformasie in die wolbedryf. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur SOILL

The mission of SOILL is to be a profitable and sustainable leader in the development and production of high-quality healthy products in the edible oils industry. We earn the loyalty and respect of discerned customers through consistent product excellence and by providing customer service of the highest standards. We add value to the agricultural industry through technological innovation. We care for the environment and well-being of all by producing products that promotes healthy living in an ecologically friendly manner. We strive to uplift the community and to build a prosperous workforce. Delivering quality products that inspire people everywhere to eat and live well.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.