AGCO Corporation is bekend vir die Challenger, Fendt, Massey Ferguson en Valtra-landbouhandelsmerke. Dié maatskappy het ‘n twee-vlak verspreidingsmodel ontwikkel om die roete na hul kliënte te verkort. In Maandag se episode van RSG Landbou vertel dr Dominik Reus wat dit behels. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Darryl Jacobs van die Wes-Kaapse Departement van Landbou aan die woord. Hy vertel onder andere vir luisteraars meer oor die landelike ontwikkelingsprogram in dié provinsie. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou ontmoet ook die 2020 TLU SA-jongboer van die jaar. Hy is Danie Bester van Balfour in Mpumalanga. Hy deel sy verhaal met RSG Landbou-luisteraars. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: AGCO

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.