Dr Josef van Wyngaard, tegniese bestuurder van Voermol Voere, gesels oor dit wat tans belangrik is in terme van veevoer. Hy praat veral oor of groenvoer of groenweiding genoeg is om aan die voedingsbehoeftes van vee te voldoen. Luister hier na die onderhoud.

Op Vrydagaand, 25 Oktober, is die Graan SA Syngenta-graanprodusent van die jaar aangewys. Tonie Linde en Willie Beukes van Haasjeskop Boerdery op Caledon, is vanjaar met dié titel vereer. RSG Landbou het die spoggeleentheid bygewoon. Luister hier wat Tonie vir sy mede-landbouers te sê gehad het.

Hennie Maas het met Lloyd James van Somerset-Oos gesels oor die plaas wat die staat nege jaar gelede vir hom gegee het. Lloyd boer met skape en Angora-bokke. Luister nou na hierdie inspirerende onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Voermol Voere.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.