Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se meesterplan om die plaaslike bedryf te ondersteun en bevorder, het tot dusver goeie resultate gelewer. In RSG Landbou van Woensdag brei Izaak Breitenbach meer uit hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Richardt Venter van Agsci Unlimited aan die woord en hy gee meer raad aan RSG Landbou-luisteraars oor kuilvoer wat te nat is. Luister nou na dié onderhoud.

Die opwindende Agri-Expo inligtingsdae wat jaarliks tydens Agri-Expo Livestock buite Stellenbosch aangebied word, het ‘n nuwe baadjie aangetrek en staan nou bekend as SIYABONGA-dae. Wat dit nog meer besonders maak, is dat dié geleenthede nou in verskillende streke plaasvind en regstreeks uitgesaai word sodat boere van oraloor kan deelneem. Die SIYABONGA-dae is daarop gemik om basiese landbou-inligting aan boere deur te gee in ‘n unieke formaat waar boere ‘n platform met kenners in die bedryf deel, die geleentheid kry om vrae te vra en sodoende met meer kennis na hul boerdery terugkeer om uiteindelik meer produktief te wees. Agri-Expo bied in Oktober drie Siyabonga-dae aan vir boere in Beaufort-Wes, Grassy Park en Clanwilliam. Breyton Milford vertel wat die doel van dié dae is. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

RSG Landbou sluit die program af met lekker veilingsnuus. Adv Gerhard Strydom brei meer uit oor die opkomende Mazel Bonsmara veiling. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.