2020 is die jaar van verandering en klemverskuiwings moet plaasvind. Die COVID-19 grendeltydperk het meegebring dat landbouversekering definitief ‘n klemverskuiwing sien plaasvind het. Niemand verstaan die behoefte aan risikobeskerming beter as ‘n boer nie. Of dit nou klein en onafhanklik is, of ‘n groot kommersiële onderneming – die aard van landbou beteken dat boere elke dag met uitdagings gekonfronteer word. Andries Wiese van Hollard verduidelik in Maandag se RSG Landbou hoe versekeringsbehoeftes die afgelope paar maande verander het. Luister nou na dié onderhoud.

Laat-lente en vroegsomer is wanneer koeie kalf en ooie lam. Daarom is dit belangrik om nou aandag te skenk aan die kondisie van vroulike diere. In RSG Landbou gee dr Pieter Henning waardevolle raad oor lentevoerbeplanning. Luister nou na dié onderhoud.

Hennie Maas bring soos oudergewoonte luisteraars op hoogte van die jongste veilingsnuus. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou sluit die program af met twee opwindende veilings wat binnekort plaasvind, Paseka Pienaar gesels oor die NOSA Bonsmara– asook die EAG SA Vleismerino-produksieveiling wat 2 September plaasvind op die plaas Kareeboombult in Hoopstad. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media