Die Graan-akademie trek van volgende jaar af ‘n nuwe baadjie aan en sal voortaan as die Ag Academy for Leaders bekendstaan. Jannie de Villiers, hoof uitvoerende beampte van Graan SA, het sewe jaar gelede met dié idee vorendag gekom en hy brei hieroor uit in Woensdag se RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Christo Bester van die LWO-werkgewersorganisasie aan die woord. Hy praat oor rooi vlae in die werksplek. Hy gesels onder meer oor die effek wat negatiewe gedrag in die werksplek op ‘n besigheid het. Luister nou na dié onderhoud.

Yolandé Roodt sluit die program af met die nuutste wolpryse van die week. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Landbouweeklad Boerekos.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.