Ede Farming hou op 9 Junie hulle eerste aanlynveiling en boeredag, en Poena van Niekerk vertel ons meer daarvan in Donderdag se aflewering van RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.

Reën in die Wes-Kaap het op ‘n kritiese tyd vir ons wintergraanprodusente gekom. RSG Landbou gesels met Jannie Strydom van Agri Wes-Kaap oor landboutoestande in dié provinsie. Luister nou na dié onderhoud.

Dan is 5 Junie Wêreldomgewingsdag en Bonné de Bod praat oor die dag se tema. Sy bring ons ook op hoogte van renosterstroping tydens die inperking. Luister nou na dié onderhoud.

Johan van den Berg is soos oudergewoonte aan die woord oor weersake asook verdere weervooruitsigte. Daarna sluit Chris Derksen die program af met die jongste vleispryse. Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: BKB

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.