Subtropico het verskeie filiale. Anton Vos praat in Donderdag se aflewering van RSG Landbou oor die uitdagings in die varsprodukte- en lewendehawebedryf. Luister nou na dié onderhoud.

Indiensneming in die landbousektor het in die vierde kwartaal van 2020 met 8% afgeneem. Wat is die redes hiervoor? Wandile Sihlobo van Agbiz gesels hieroor in RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op dié skakel om meer hieroor te lees:

Richardt Venter van AGSCI Unlimited brei uit oor die faktore wat kuilvoerinname beïnvloed. Luister nou na dié onderhoud.

Daar is soos oudergewoonte ook nuus oor vleispryse en weervooruitsigte op RSG Landbou. Chris Derksen is eerste aan die woord en brei uit oor wat hierdie week met die vleispryse gebeur het. Johan van den Berg vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat met die weer gaan gebeur. Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Subtropico.

Operating in a healthy group structure with an established marketing network and dedicated personnel, Subtropico is a leader in the fresh produce market agency business. Our main goal is to render an unprecedented service to all our producers. Our producers are our most valuable asset and this is reflected in our business philosophy. Subtropico employs state of the art technology that accelerates the delivery, progress of sales and payments to producers.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.