Ons het onlangs Wêreld Veeartsdag gevier. Die dag is ‘n jaarlikse instelling, nie net om te dink aan die werk wat veeartse daagliks doen nie, maar ook om te dink aan die ander para-veterinêre werkers wat dag in en dag uit so ‘n belangrike rol in ons gemeenskappe speel. RSG Landbou gesels in Dinsdag se aflewering van die program met Dr Chris van Dijk, ‘n spesialis veearts en voorsitter van die Nasionale Dieregesondheidsforum. Hy verduidelik waarom hierdie dag so belangrik is. Luister nou na dié onderhoud.

Willem Botha, bemarkingsbestuurder van Netafim Suid-Afrika, kuier weer saam op RSG Landbou. Hy deel sy gedagtes oor innovasie en inspirasie in die besproeiingsbedryf. Luister nou na dié onderhoud.

Die wolmark het op die 30ste veiling van die seisoen verder met 3,7% versterk en teen R162,74/kg gesluit. Altesaam 9 483 bale is aangebied, waarvan die meerderheid Merino-wol met ’n medium lengte was. Die plaaslike mark het die Australiese mark nagevolg met beter kopersentiment, wat pryse opwaarts gedryf het. Heinrich Victor van OVK is ook aan die woord en hy brei nou uit met nuus oor die wolpryse. Luister nou na dié onderhoud.

Koos du Pisanie het by Agri Prieska se boeredag gaan inloer en daar met Willem Symington gesels. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur OVK

OVK  is ‘n suksesvolle landboubesigheid wat welvaartskepping en volhoubaarheid nastreef deur:

–  Die verskaffing van kompeterende insette aan die landbouprodusent;
–  Aankope, bemarking en verwerking van landbouverwante produkte;
–  Die verskaffing van verwante produkte en dienste aan die breër publiek.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.