Wat is die beste – natuurlike seleksie of ‘n spesifieke teelbeleid? Dis ‘n gereelde debat onder telers. In Woensdag se aflewering van RSG Landbou beantwoord Schalk Greyling van SA Stamboek hierdie vraag. Hy praat nie net met veetelers nie maar ook met perde-, wild- en hondetelers. Luister nou na hierdié onderhoud.

Dr Chris van Dijk van die Melkprodusente-organisasie was een van die sprekers by ‘n virtuele ekspo vir veeartse. Hy het oor volhoubare waterrentmeesterskap in die suiwelbedryf gesels. RSG Landbou het hom meer hieroor uitgevra. Luister nou na hierdié onderhoude.

Bela-Bela maak reg vir die 32ste Bosveld Bonsmaraklub-produksieveiling. Dr Alex Revelas vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Dissie Kruger kuier saam met Hennie Maas van RSG Landbou. Hy brei meer uit oor die rekord graanoes wat die jaar verwag kan word. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.