RSG Landbou

Dr Frikkie Maré, redakteur van Veeplaas, gesels in Maandag se program oor die April-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Luister nou na dié onderhoud.

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

RSG Landbou het ook by dr André Neethling en Jacky Galant gaan uitvind oor die eerste uitbetaling aan Wynkeldershoek Werkerstrust, en wat dit presies behels. Luister nou na dié onderhoud.

Boerdery is ‘n besigheid en ‘n produsent wat die beginsels van besigheid verstaan en gretig is om kennis in te win, is goed toegerus om sy boerdery suksesvol te bestuur en slaggate te vermy. Frans Seevinck, eienaar van die Buckridge Bonsmarastoet in die Tlhakgameng-omgewing, Noord van Vryburg, is so ‘n produsent. Hy brei op RSG Landbou uit oor sy benadering. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Wessel Lemmer van Agbiz Grain aan die woord. Hy gee vir RSG Landbou-luisteraars meer perspektief oor die uitdagings rondom die uitvoer van twee miljoen ton mielies deur die Durbanse hawe. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.