RSG Landbou van Donderdag skop die program af met ‘n gesprek oor LITS SA, ‘n naspeurbaarheidstelsel vir die plaaslike rooivleisbedryf. Hierdie keer praat Hennie Maas met Dewald Olivier, hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna hoor ons wat die internasionale verwagtinge vir die somergraanseisoen is. Luan van der Walt, ’n ekonoom by Graan Suid-Afrika, beantwoord hierdie en ander vrae oor die plaaslike en internasionale graan- en oliesademarkte. Luister nou na dié onderhoud.

Met die opheffing van die verbod op veeveilings het minister Didiza dit duidelik gemaak dat lewendehawe-agente by APAC of die Raad vir Landbouprodukte-agente, geregistreer moet wees. Ons praat met die registrateur, Francois Knowles, hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Chris Derksen soos oudergewoonte weer terug op sy pos met die week se jongste vleispryse vanaf die Vrystaat. Luister nou na dié onderhoud.

Die program sluit af met nuus oor die weer. Johan van den Berg van Santam Landbou bring ons op hoogte met die week se weernuus. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: BKB

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.