Johan Scholtz van OVK Lewendehawe praat in Woensdag se aflewering van RSG Landbou met Lise Roberts oor die belangrikheid van goeie kliëntediens. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Frikkie Maré, redakteur van Veeplaas, gesels op RSG Landbou oor die Mei-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Luister nou na dié onderhoud.

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Koos du Pisanie het tydens ‘n boeredag op Prieska met Hannes Gerber oor reënvalpatrone in die provinsie gesels. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Die gebruik van konvensionele semen vir kunsmatige inseminasie (KI) lei gewoonlik tot ’n nageslag met ’n 50% kans om óf manlik óf vroulik gebore te word. Dit het die weg gebaan vir gesekste-sementegnologie wat van spesifieke belang is vir bees- en kleinveetelers wat ’n hoë waarde aan die geslag van hul diere heg. Dr Fanie Steyn van Ramsem verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars hoe geslagsbepaling by vee met behulp van gesekste semen werk. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur OVK

OVK  is ‘n suksesvolle landboubesigheid wat welvaartskepping en volhoubaarheid nastreef deur:

–  Die verskaffing van kompeterende insette aan die landbouprodusent;
–  Aankope, bemarking en verwerking van landbouverwante produkte;
–  Die verskaffing van verwante produkte en dienste aan die breër publiek.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.