RSG Landbou Veeplaas

Dr Frikkie Maré, redakteur van Veeplaas gesels in Donderdag se program van RSG Landbou oor die November-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is.

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf het onlangs hul eerste oesskatting vir die 2020/2021-produksieseisoen bekendgemaak. Willem Bestbier gesels in 5 November se episode van RSG Landbou hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daarna is Willie Clack van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum aan die woord. Hy gesels op RSG Landbou oor veediefstal. Luister nou na hierdié onderhoud.

Twee RSG Landbou-staatmakers, Johan van den Berg en Chris Derksen, is soos altyd op ‘n Donderdag op hulle poste. Johan van den Berg gesels weersake en Chris Derksen oor vleispryse vanaf die Vrystaat. Luister nou na hierdié onderhoude.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.