Wêreld Waterdag is op 22 Maart gevier en Suid-Afrikaners word daagliks daaraan herinner dat ons slimmer moet werk met dié kosbare hulpbron. Ettienne Thiebaut, die uitvoerende hoof van volhoubaarheid by RCL Foods, vertel in Maandag se RSG Landbou met watter planne hulle vorendag moes kom by hulle verskeie aanlegte regoor die land. Luister nou na hierdie onderhoud.

Wintergraanprodusente gaan eersdaags begin plant en dis waaroor Corné Louw, senior ekonoom by Graan SA, gesels. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna hoor ons hoe ‘n plaas net buite Pretoria wat bekend is vir hulle kruie, die aanbied van troues, perderitte, ensomeer, aan die gang hou tydens dié uitdagende tye. Luister nou na hierdie onderhoud.

Paul Maré van die Viljoenskroon-omgewing sluit die program af. Hy praat oor sy Bonsmara-stoet. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: BKB

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.