Bestaan daar alternatiewe vir onteiening om grondhervorming in die land te bewerkstellig? Dr Roelof Botha van die Optimum beleggingsgroep beantwoord hierdie, en ander vrae in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Deon van Wyk aan die woord. Hy gesels onder andere op RSG Landbou oor sy sukses met SA Vleismerino-ooie wat drielinge tydens hulle produksie-siklus produseer. Luister nou na dié onderhoud.

Jacques van Niekerk van BKB kuier ook op RSG Landbou vandag. Hy vertel meer van hulle aanlynwinkel wat onlangs geopen het. Luister nou na dié onderhoud.

Hennie Maas is soos oudergewoonte op sy pos met die weeklikse veilingsnuus. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.