Opleiding en werksgeleenthede in die landbousektor is divers en bied iets vir almal. Dr Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat gesels in Donderdag se RSG Landbou oor tendense en werksgeleenthede in die landbou. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna vertel dr Solomon Newete van die Landbounavorsingsraad watter vernietigende effek die Tamariskplant op landbouhulpbronne het. Luister nou na dié onderhoud.

Johan van den Berg brei uit oor of die winterreënseisoen verby is en Chris Derksen gesels oor die jongste bees-, skaap- en bokvleispryse. Luister nou na dié onderhoude.

Die program sluit af met ‘n lekker veiling wat om die draai is. Hennie Maas gesels met Erik Strauss oor die Jarico produksieveiling wat binnekort plaasvind. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur BKB

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.