Die bekende Bonsmara-boer, Nick Serfontein van Sernick, is in November aangewys as die 2019 Landbouskrywers SA Boer van die Jaar. RSG Landbou het natuurlik dié geleentheid bygewoon. In Maandagoggend se program hoor ons meer oor wat hy te sê gehad het nadat hy die toekenning ontvang het. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna gaan kuier ons in die pragtige Van Reenen-omgewing en gesels met Ellen Janse van Rensburg. Sy boer met die Border Leicester-skaapras en is ook betrokke by weefwerk waar hierdie skape se wol gebruik word. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.