RSG Landbou: 6 Julie 2020

633

Lynette Louw vertel ons meer oor wat lesers te wagte kan wees in die Julie-uitgawe van FarmBiz wat nou op winkelrakke beskikbaar is. Luister nou na dié onderhoud.

Voorkoming is beter as genesing en die ontwikkeling van ‘n goeie inentingsplan vorm die basis van siektevoorkoming onder vee. So sê dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk in Maandag se RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna vertel ‘n PhD-student van die Universiteit van Stellenbosch, dr Meagen van Dyk, oor haar navorsing oor olyfboomstamsiekte. Luister hier na dié onderhoud.

Dr Astrid Jankielsohn van die Landbounavorsingsraad Kleingraan, praat oor die AfriCap agro-ekologieprojek wat fokus op navorsing oor voedselsekerheid. Luister nou na dié onderhoud.

Hennie Maas sluit die program af met die jongste veilingsnuus. Luister hier daarna.

RSG Landbou is die week aan jou gebring deur: Standard Bank

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.