Die bestuur en hantering van hoefprobleme in ‘n skaapkudde kan oorweldigend wees en skaapprodusente is gereeld op hulself aangewese om dié probleme op te los. Die vraag is dan, behoort ons ‘n stelsel te hê om mankheid by skape te identifiseer? Anri Strauss, tegniese adviseur, herkouers van Chemuniqué beantwoord hierdie vraag in Donderdag se aflewering van RSG Landbou. Luister nou na dié onderhoud.

Soos oudergewoonte is daar ook nuus oor vleispryse en weervooruitsigte op RSG Landbou. Chris Derksen is eerste aan die woord oor wat hierdie week met die vleispryse gebeur het. Johan van den Berg vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat hulle van die weer kan verwag. Luister nou na dié onderhoude.

Die saaiprojek van Porterville se gemeenskapsvereniging het ‘n netto inkomste van R200 000 vir die 2020/21-produksieseisoen opgelewer. Kaap Agri is die stigterslid van hierdie vereniging en Johan de Lange gesels op RSG Landbou oor dié inisiatief. Luister nou na dié onderhoud.

Paul Maré van Viljoenskroon sluit die program af. Hy brei uit oor die 21ste produksieveiling van Q3 Qualitrio wat binnekort plaasvind. Luister nou na hierdié onderhoud op RSG Landbou of lees meer op AgriOrbit.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur OVK

OVK  is ‘n suksesvolle landboubesigheid wat welvaartskepping en volhoubaarheid nastreef deur:

–  Die verskaffing van kompeterende insette aan die landbouprodusent;
–  Aankope, bemarking en verwerking van landbouverwante produkte;
–  Die verskaffing van verwante produkte en dienste aan die breër publiek.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.