RSG Landbou: 6 November 2019

303
Kleinjan Gasekoma en sy mentor, Cois Harman, by die onlangse Agri-Expo Livestock.

Kleinjan Gasekoma is ‘n Braunvieh-produsent wat passievol gesels oor sy boerdery. Hy sê as jy suksesvol wil boer en hande vat met mentors, moet jy Afrikaans kan praat. Luister gerus more-oggend op RSG Landbou hoe hy vertel van sy mentor en waarom hy boer.

Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie praat op RSG Landbou oor verlof en hy verduidelik wat ons arbeidswetgewing hieroor stipuleer.

Dr Johan Cloete van MSD Animal Health gee raad oor die behandeling en voorkoming van rooiwater.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur MSD

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.