RSG Landbou Stockfarm

Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, is eerste aan die woord in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou. Hy gesels oor wat lesers te wagte kan wees in die Oktober-uitgawe van Stockfarm, wat nou op die rakke beskikbaar is. Luister nou na dié onderhoud.

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Vis word op talle maniere verwerk en net sekere tipes vis kan geblik word. In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou, gesels Theresa Siebert van die Landbounavorsingsraad oor hierdie interessante onderwerp. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna verduidelik adv Christoff Dames van die LWO-werkgewersorganisasie wie vir die Werkloosheidsversekeringsfonds kwalifiseer. Luister nou na dié onderhoud.

Frans van Zyl van die Wolmaransstad-distrik vertel op sy beurt vir RSG Landbou-luisteraars waarom sy besonderse Bonsmara-bul as ‘n platinum-bul in vanjaar se SA Stamboek Elite-toekennings aangewys is. Luister nou na dié onderhoud.

Daar is weer veilingsnuus vandag! Dié keer brei Ben Raath uit oor die Tuli-veiling wat op 15 Oktober by die GWK-veilingskompleks in Kimberley plaasvind. Luister nou na dié onderhoud.

Omri van Zyl sluit die program af. Hy vertel meer oor wat die virtuele Agri SA-kongres, wat op 7 Oktober afskop, gaan behels. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.