In Maandag se aflewering van RSG Landbou kuier ons weer saam met Koos du Pisanie op Askham in die Kalahari. Dié keer gesels hy met Nico de Wet oor sy passie vir bewaringslandbou in dié streek. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Frikkie Maré, gesels op RSG Landbou oor die September-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com.

Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941. Luister nou na dié onderhoud.

Die tiende Kroon Stud-wildsveiling vind binnekort plaas en die aanbod lyk belowend. Ro’an van Tonder van Meerkat Online gesels op RSG Landbou hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese analis, kuier ook vandag op RSG Landbou. Hy gesels hierdie keer oor die huidige situasie van die Rand. Luister nou na dié onderhoud.

Soos altyd op ‘n Maandag is daar ook heelwat nuus oor veilings. Arthur de Villiers vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer van hulle aanbod tydens die AG Gene Bonsmara-veiling. Luister nou na dié onderhoud. 

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.