RSG Landbou

Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, is eerste aan die woord in Woensdag se aflewering van RSG Landbou. Hy gesels oor wat lesers te wagte kan wees in die April-uitgawe van Stockfarm wat nou op die rakke beskikbaar is. Luister nou na dié onderhoud.

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941. Luister nou na dié onderhoud.

Goeie groei en voerdoeltreffenheid is die vernaamste eienskappe van speenkalwers wat die winsgewendheid van voerkrale beïnvloed. Lukas Eksteen van Bufland-voerkraal gee vir RSG Landbou-luisteraars raad oor die voorbereiding van speenkalwers vir die voerkraal. Luister nou na dié onderhoud.

Net soos die meeste Aussie-en Springbok-rugbyondersteuners baie opgewonde en mededingend tydens ‘n wedstryd kan raak, sal die meeste Suid-Afrikaanse en Australiese Merino-skaapboere, by die eerste tekens van ‘n uitdaging alles in die spel werp om ‘n Merino-kudde of -stoet te behou. Hennie Maas gesels op RSG Landbou met dr Fanie Steyn van Ramsen oor die samewerking tussen Suid-Afrika en Australië in terme van merinogenetika. Luister nou na dié onderhoud.

Koos du Pisanie, RSG Landbou se medewerker in die Noord-Kaap, sluit die program af. Hy gesels met Nicol Jansen oor Agri Noord-Kaap se fokuspunte vir 2021. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.