Meer as een miljoen huishoudings in Suid-Afrika besit lewewendehawe, voorwaar ‘n reuse-bedryf. Koos van der Ryst van die Rooivleisprodusente-organisasie gesels in Woensdag se aflewering van RSG Landbou hieroor en hoe vleispryse die afgelope ruk verander het. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die sojabedryf in Suid-Afrika toon uitstekende groei, maar saadtegnologie suig al vir jare aan die agterste speen. Hoe kan ons sojabone uiteindelik met lande soos Amerika en Brasilië kompeteer? Sojaboonkultivars en saadtegnologie word onder die vergrootglas geplaas met Corné Louw van Graan SA. Luister nou na hierdie onderhoud op RSG Landbou.

RSG Landbou hou luisteraars gereeld op hoogte met die jongste veilingsnuus. Don McHardy van Dargle in KwaZulu-Natal vertel luisteraars meer van Reeba Rooi Brahmane se derde produksieveiling. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou deur die Rooivleis Produsente Organisasie/ Red Meat Producers Organization (RPO) gebring.

The Red Meat Producers Organisation (RPO) is a service organisation that acts as mouthpiece for South African commercial red meat producers.It is an independent producers organisation that strives to dynamically promote the sustainability and the profitability of the red meat industry in South Africa.Our mission, namely the promotion of a sustainable and profitable red meat industry in South Africa, is operational through our bargaining and consultation with government and other organisations in order to further the interests of the red meat producer, locally as well as internationally.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.